Ongerepte Heuwels
Entabeni Privaat Wildreservaat, Limpopo

Ravineside Lodge bied unieke verblyf tussen toringkranse vir ’n romantiese wegbreek in die beeldskone Entabeni Safari Konservasie.

Hoogtepunte

Malaria-vrye Groot 5 konservasie en ’n ideale plek vir voëlkyk 
Hope aktiwiteite beskikbaar, in sluitende helikoptervlugte en warmlugballonvaarte, wildbesigtigingsritte, sterrekyk en gholf
Grasdak suite gebou op ’n houtplatvorm met ’n manjifieke uitsig van die berghang en bos heuwels
Private sonplatvorm met ’n uitsig van Entabeni-berg se kransrand
Intieme en private akkommodasie- ideaal vir romantiese wegbreek

Jou Ervaring

Weggesteek hoog bo die boonste platorand van die manjifieke Entabeni-berg lê Ravineside Lodge. Dit is gebou op ’n houtplatvorm met ’n uitsig oor die berghang en bebosde heuwels. Ravineside Lodge se afgesonderde en prentjiemooi ligging maak dit die ideale intieme en romantiese verblyf. Drink ’n glas sjampanje terwyl jy kyk hoe die Afrika sonsak die lug verkleur met skakerings van oranje en rooi. Ontspan in die gemak van jou privaatdek en luister na die bekende geluide van die Afrika bos in die aand. Die alomteenwoordige geluide van Moeder Natuur sal ’n konstante herinnering van jou posisie hoog bo op die bergrand wees.

Ravineside Lodge se akkommodasie is perfek vir paartjies op ’n romantiese vakansie. Elke chalet loop uit op ’n oop sonplatvorm. Dit is oop maar tog privaat, so hier sal jy avontuur en romanse vind. Entabeni Safari Konservasie se diverse eko-sisteem kan heerlik ontdek word op een van die vele safari aktiwiteite. Die kamers se uitsig by Ravineside Lodge is ook werklik asemrowend.

Dink jouself in: gemaklike verblyf wat omring is met digte groen, golwende heuwels en ’n unieke berghang in die agtergrond van die die platorand. Gaan uit op ’n warmlugballonvaart of ’n opwindende helikoptervlug en geniet ’n smaakvolle piekniek alleen op die bergpunt. Ravineside Lodge is ’n droom destinasie vir die natuur liefhebber en hopelose romantikus.